Tears on my pillow

Sommer so skielik, BOEM! En daar is die hart verloor. ‘n Warrelwind vakansie volg van min slaap, min tuis, baie ry, baie uitgaan en koffie drink. Vul die hart met Memories.

Spesiale onthou van groen ogies wat jou ‘n Garfield– staar gee as jy nou iets simpel sou sê, groen ogies wat kyk en sê: “Jy is my alles”.

In daardie groen ogies is daar ook bang, trane, onsekerheid. En vir elke traan in daardie groen ogies, stort ek sommer 2 so by myself.

En nou is hul amper oppad. In my geestesoog kan ek sien hoe sy terug-kyk, beur om die laaste stukkie te sien. Dan kom die volgende dorp aan en sy besef … sy gaan al verder. Gesprek en lag is effe geforseerd. Terwyl die kilometers weghardloop onder die wiele en sy bly die foon dophou wie teken aan, en sy aan teken by elke dorp sodat mens kan volg waar sy is …

…. Word die trane droog. Wange voel styf van stil gestorte trane. ‘n Beslistheid neem haar beet. Maak planne. Lig haar kop. Sy gaan nie lê nie. DIT is wat sy gaan doen en dan …

Effe, skelm laggie om haar mondhoeke, want sy weet: Sy kom terug, op hierdie selfde kilometers, kom sy terug, huis toe!

Hoe weet ek hierdie dinge? Want ek was al daar, het dit gedoen!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s